Taalgebruik in Europa verras

In ’n opname wat uitgevoer is in Europa oor die gebruik van tale, het verrassende gegewens na vore gekom wat daarop dui dat sekere lande se inwoners nie gretig is om ander tale te gebruik nie.

Soveel as 65% van Europese burgers in die ouderdomsgroep van 25 tot 64 jaar, is ’n tweede taal, of ’n buitelandse taal magtig.

Die Eurostat verslag wat sy gegewens basseer op bevindinge van 2016, het bevind dat Swede, met 97%, die land is waar die meeste mense minstens ’n tweede taal magtig is.

Denemarke is tweede met 96% en Luxemburg derde met 95% terwyl Finland met 92% die vierde plek inneem.

Die verrassing is egter dat Brittanje slegs 65% van sy volwasse inwoners geen tweede taal magtig is nie, en dat slegs 20% wel ’n buitelandse taal magtig is terwyl minder as 10% twee of meer buitelandse tale magtig is.

Ook in Albanie, Hongarye, Bosnië en Roemenië is volwassenes nie juis ingestel op ’n buitelandse taal nie, en is slegs sowat 30% van die volwassenes ’n tweede taal magtig.

Luxemburg is egter ’n unieke staat waar drie amptelike tale gebruik word, naamlik Duits, Frans en Luxembourioos, maar drieë bykomende buitelandse tale, Engels, Portugees en Italiaans word deur baie mense gebesig.

Finland is ook daarvoor bekend dat byna die helfte van volwassenes minstens drie buitelandse tale magtig is.

Die verslag maak egter geen melding van Franse en Duitsers se buitelandse taal vaardigheid nie.