Sweedse verkiesing lewer verrassings

Die 7,4 miljoen kiesers van Swede het die naweek na die stembus gegaan om nie net ’n nuwe regering te kies nie, maar ook nuwe provinsiale regerings en stadsbesture.

Alhoewel die jongste peilings toon dat dit ’n kop-aan-kop uitslag gaan wees, het dit tog sy verrassings gelewer.

Die stryd is tussen die regerende koalisie wat bestaan uit die Groenes, die Gematigde linkses en die Linkse party en wat geopponeer word deur die Konserwatiewe Party, die Sentrum Party, en Swede Demokrate wat poog om die meerderheid stemme te trek.

Na al die stemme getel is, het die linkse partye gesamentlik 173 setels gewen en sal waarskynlik die regering saamstel, maar dit sal vooraf gegaan word met koalisie onderhandelinge.

Die nasionalistiese Swede Demokrate het bo verwagting goed gevaar en 17,6% van die stemme getrek terwyl die konserwatiewes 19,8% getrek het.

Waarnemers wys daarop dat die Sweedse kiesers na regs beweeg het en die moontlikheid is nie uitgesluit dat die konserwatiewes en nasionaliste in die koalisie onderhandelinge daarin slaag om die regering te vorm nie, maar dit sal die tyd leer.

Die konserwatiewes is die tweede grootste party met die nasionalistiese Swede Demokrate die derde grootste wat dit moontlik maak dat die sosialiste nie regeer nie, maar dit sal deur die onderhandelinge tussen die partye bepaal word.

Die finale uitslag het egter die grootste verrassing gelewer. Die linkse partye het gesamentlik 39,4% van die kiesers se steun getrek, en die regse partye het gesamentlik 39,6% getrek.

Die nasionalistiese Swede Demokrate se leier, Jimmie Akeson, het sy tevredenheid met die uitslag gegee en die kiesers bedank vir hulle ondersteuning wat dit moontlik gemaak het dat die party sy grootste steun ooit gekry het.

Hierteenoor het die regerende sosialiste die swakste gedoen sedert sy stigting, en voorsien politieke ontleders dat dit ’n moeilike taak gaan wees om ’n regering saam te stel.

Foto – Jimmie Akeson