Swede vang kroonjuwele dief

Gedurende die tweede helfte van Julie het vermeende diewe daarin geslaag om van Swede se kosbaarste kroonjuwele te steel terwyl dit in ’n uitstalling was tydens spesiale feesvieringe.

Een van die verdagtes is pas in hegtenis geneem deur die polisie, maar die jagtog is nog nie beëindig nie, want die kosbare stukke wat reeds eeue se koninklike trots is, moet nog gevind word.

Die polisie het die vermeende dief verlede Vrydag aangekeer wat klaarblyklik drie van die kosbare stukke gesteel het.

Die kosbare stukke was uitgestal in die Strangnas Katedraal waar dit helder oordag gebuit is, en die dief het met ’n naby geleë motorboot gevlug sonder dat iemand ’n vinger verroer het.

Die polisie het vinnig gereageer, maar alhoewel hulle ook ’n helikopter na die terrein gestuur het, kon die dief eers weke later opgespoor word.

Die twee krone, is tydens spesiale geleenthede gedra deur koning Karl IX en koningin Kristina, en die vermeend dief kan vir jare agter tralies kom, maar intussen gaan die soektog voort om die stukke te vind.