Swede: Slegs een setel meerderheid regeer

Nadat die stemme weer getel moes word van die pas afgelope algemene verkiesing, het die sosialiste en linkse partye slegs een setel meerderheid in die parlement.

Die regerende party van eerste minister Stefan Löfven het ’n koalisie van 144 setels terwyl die konserwatiewe koalisiepartye 143 setels in die parlement het.

Die nasionalistiese Swede Demokrate, wat deur die media as verregs bestempel word vanweë sy anti-immigrante beleid, het ’n skerp styging in steun geniet met 62 lede in die parlement en sal saam met die ander konserwatiewe lede ’n sterk opposisie wees.

Swede se koalisieregering word saamgestel uit die Sosialis Demokratiese Party, die Groenes en die Sosialiste Linkse Party wat gesamentlik 144 setels verower het.

Politieke ontleders wys daarop dat die koalisieregering baie moeilik gaan regeer, en dat enige besluit oor immigrasie aangeleenthede tot ’n hewige debat sal lei.

Foto – Eerste minister Stefan Löfven