Spanje woedend oor Vlaamse brief

Die Vlaamse Parlement voorsitter, Jan Peumans, van die regerende Nuwe Vlaamse Alliansie (N-VA) het die Spaanse regering se argwaan op hom gehaal met ’n brief wat hy gerig het.

Jan Peumans het ’n brief gestuur aan die Kataloniërs wat in ’n Spaanse tronk aangehou word weens hulle betrokkenheid in die onafhanklikheidsverklaring van twee jaar gelede.

In sy brief aan Carme Forcadell, die opgesluite voormalige voorsitter van die Kataloniese Parlement, word skerp aanmerkings gemaak oor die Spaanse regering se optrede.

Peumans skryf dat die Spaanse regering “nie in staat is om aan die voorwaardes te voldoen om deel te vorm van die moderne demokratiese Europese Unie nie”.

Die sosialistiese minderheidsregering van Spanje het woedend gereageer en die Belgiese ambassadeur in Madrid, Marc Calcoen, op die rooi tapyt laat staan.

Foto – Jan Peumans