Spanje stop wapenvoorsiening aan Saoedi

Die sosialistiese minderheidsregering in Spanje sê hy het die wapentransaksie gekanselleer wat met Saoedi-Arabië aangegaan is.

Die kontroversiële verkoop transaksie van laser-presisie bomme is gekanselleer nadat dit bekend geword het dat Saoedi-Arabië se koalisie met lugaanvalle  in Jemen ’n skoolbus op 16 Augustus plat geskied het.

Volgens die Spaanse regering is die transaksie betyds gestop en Spanje sal die betaling van meer as €9 miljoen terug kanaliseer.

Spanje het aansienlike saketransaksies met Saoedi aangegaan, maar die afgelope tyd sy posisie heroorweeg in die lig van die bus aanval waarin kinders was en omgekom het.

’n Spaanse regerings woordvoerder sê die transaksie is gekanselleer alhoewel die aanval op die bus nie met Spaanse wapens uitgevoer is nie.

Gedurende 2017 het Spanje wapentuig en militêre toerusting ten bedra van €270 miljoen aan Saoedi Arabië verkoop, wat slegs 6,2% van die koper se totale aankope van wapentuig is.

Saoedi-Arabië is die grootste invoerder van wapentuig in die wereld, en spandeer jaarliks miljarde euro om die mees moderne wapentuig te bekom.