Sjina se rare natuurverskynsel

In ’n natuurreservaat van Sjina, sowat 30 kilometer weg van die stad Panjin, is daar elke jaar gedurende September ’n rare natuurverskynsel wat derduisende toeriste daarheen lok.

In die Liao Rivier Delta wat ook die hoof rivier van die suidelike Manchuria gebied is, word ’n plaat van groen alge gevind wat strek oor ’n gebied van sowat 600 000 hektaar, maar wat gedurende September van kleur verander na ’n diep rooi.

Die breedte van die plaat alge is sowat 3 500 hektaar en sowat 236 voëlsoorte word daar gevind en is een van die redes waarom so baie mense die gebied besoek.

Die wonderlike natuurverskynsel van groen alge word eers ’n pienk veld om daarna te verander na ’n dip rooi in September.

Trekvoëls wat vanaf Asië  na Australië gaan, besoek die strandmeer as ’n rusoord voordat hulle die lang tog verder aanpak.

Minstens 30 voëlsoorte wat van uitwissing bedreig word, is hier beskerm en vermeerder geleidelik in getalle.

Slegs ’n klein area van die bewaringsgebied is vir die toeriste toeganklik ten einde te verseker dat die gebied nie versteur word nie.