Sjina gaan miljarde belê in Afrika

Beijing het belowe om miljarde dollar te belê in infrastruktuur wat in Afrika lande gevestig gaan word, en beide die Sjinese en die Afrika leiers is dit eens dat daar geen bybedoelings van die kommunistiese staat sal wees nie.

Afrika leiers het glo die waarskuwings wat tot hulle gekom het dat Sjina besig is om Afrika in te palm as ’n kolonie, geheel en al verwerp.

Die Sjinese president, Xi Jinping, se in ’n verklaring dat die groot projek sy land se bydrae is om Afrika ’n hupstoot te gee deur die verbetering van infrastruktuur.

Die Sjinese president het tydens die Forum van Sjina-Afrika Korporasie beloof dat die investering met geen politieke stringe aangeheg word aan die projek nie.

Hy sê die enigste rede waarom die investering gedoen word, is om die infrastruktuur van Afrika te verbeter.

Waarnemers wys daarop dat Sjina hoop om daarmee die handelsbande met Afrika uit te bou wat tans in die weegskaal is met die VSA se invoerheffings wat ’n harde slag vir Sjina is.

Foto – President Xi Jinping