Siek gemeenskap en siek volk

Die afgelope menseregte dag het een ding na vore gebring en dit is dat ons gemeenskap en veral die Boere Afrikaner volk inherent siek is. Terwyl die land letterlik brand en moord en roof iets daagliks geword het kry die “mense” darem die geleentheid om te vergeet van hierdie dinge deur saam te verenig rondom braaivleis vure en die drink van die nasionale drank -bier.  Oproepe en advertensies van verskeie instansies en besighede het die mense reeds so gekondisioneer dat hul gister sien as ‘n dag waarop die “nasie” kan verenig,  al is dit nou rondom die vleis- en bier potte van die reënboog nasie.  Nerens melding van die Afrikaner Boer se verlede of geskiedenis nie, eerder ‘n verdere vernedering en afkraking van die bietjie trots wat daar nog oor is van ‘n verdwaalde volk en vandag? Vandag gaan ons maar weer voort gebuk onder ‘n godlose regering wat die land van een krisis na die ander stuur.  Dalk moet ons nie vra hoekom hierdie dinge gebeur nie maar eerder kyk wat die rede is vir alles wat verkeerd loop.  Voor ons as volk ons nie losmaak van die genietinge en vermeniging wat daagliks plaasvind nie kan ons nie verwag dat die God van ons voorvaders ons moet help nie.  Is ek te kras?  Ek vra.

Sakkie van der Merwe