Samro ook in moeilikheid

Die Suid-Afrikaanse Musiek Regte Organisasie (Samro) is ‘n organisasie wat kopiereg en verspreidingsregte van musiek invorder vir komponiste en sangers.

Die liggaam vorder ongeveer R400 miljoen jaarliks in wat dan versprei moet word tussen die lede.

‘n Omstrede belegging van R47 miljoen in Dubai het geen dividende opgelewer nie en Sipho Dlamini, vorige hoofuitvoerende beampte van Samro, word nou blameer vir die belegging wat sy breinkind sou wees.

Twee persone in Dubai, Mohamed Khalaf en Yaser Aljabal, is meer as R510 000 “salaris” per maand betaal om Samro te vervang net ‘n meer winsgewende maatskappy.

Dlamini ontken sy betrokkenheid en plaas die blaam op die Raad van Samro.

Waarnemers glo dat Dubai se betrokkenheid by staatskaping dalk aansienlik groter is as wat tot dusver geglo is.