SAID se regshoof geskors

Die SAID het hul hoof van regsdienste, Refiloe Mokoena, kennis gegee dat sy geskors gaan word.

Dit is klaarblyklik weens die R420 miljoen se BTW terugbetaling aan die Guptas wat in stryd was met die BTW wet.

Mokoena (foto) het op Denel se raad gesit toe daar pogings was om ‘n gesamentlike onderneming te doen met VR Laser, ‘n Gupta beheerde firma.  So word die onbekwame mense van een entiteit na die ander geskuif waar daar verder verneuk en gesteel word.