Rwanda laat honderde vry uit tronke

Die regering van die oorloggeteisterde Afrikastaat Rwanda het die afgelope week aangekondig dat hy 2 140 mense vrygelaat het uit tronke.

Van die mees prominente persone wat vrygelaat is, is die musikant, Kizito Mihigo, en die opposisieleier, Victoire Ingabire.

Waarnemers se die onverwagse optrede van die regering is nog onduidelik, maar dit is opvallend dat die kabinet kort na die aankondiging vergader het.

Die opposisieleier het in Junie reeds versoek om vrygelaat te word, maar die regering se oor was doof vir die versoek, en dit maak die huidige optrede soveel meer onverstaanbaar.

President Paul Kagame het egter nie gereageer op dringende versoeke dat ander politieke figure ook vrygelaat mot word nie, alhoewel daar ’n skraal hoop bestaan dat Rwanda ’n vry land word wat demokratiese beginsels sal toepas.

Meningsvormers sê die vrylating kom egter veels te laat nadat die verkiesing op 2 September gehou is waartydens die opposisieleier in die tronk aangehou is sonder ’n werklike geloofwaardige rede.

Die oorloggeteisterde land beskik nie oor die vermoë om demokraties te regeer nie, en die insette van Frankryk het oor die afgelope dekade weinig bygedra om die land tot Westerse beskawingsnorme te lei.