Russiese Baasspioen vasgetrek

’n Internet en rekenaar spesialis van Rusland se parlement is in hegtenis geneem nadat sy optrede tydens ’n Europese politieke konferensie uiters verdag voorgekom het.

Die man word in Noorweë aangehou in afwagting van ’n verhoor wat mag verband hou met moontlike inmenging by verkiesings.

Die vermoede bestaan ook dat hy probeer het om belangrike bewyse te vernietig wat as ’n ernstige misdryf beskou word.

Die Russiese minister van buitelandse sake het die Noorweegse ambassadeur in sy land ondervra nadat die verdagte in Oslo aangekeer is.

Noorweë se span veiligheid deskundiges het intussen begin om die parlement te deursoek na moontlike meeluister apparate of enige ander gesofistikeerde toerusting.

Die verdagte wat glo bekend is as  MA Bochkarev, se naam en besonderhede is intussen aan Rusland bekend gemaak waarna Moskou geëis het dat hy vrygelaat word en die “absurde klagtes” teen hom teruggetrek word.

Die Kremlin het die aangeleentheid bestempel as ’n “manier teen Russiese spioenasie en sulke optrede het ernstige gevolge”.

MA Bochkarev het glo die konferensie bygewoon wat gehandel het oor die beter skakeling en samewerking tussen die Europese parlemente, maar is op die lughawe van Oslo voorgekeer na sy verdagte optrede.

Die verdagte word minstens vir 14 dae aangehou, afhangende die uitkoms van die ondersoek.