Rusland vermoed sabotasie by ruimtestasie

Die hoof van die Russiese ruimte agentskap sê daar was verskeie pogings om ’n gat te boor in een van die Russiese modules van die Internasionale Ruimte Stasie (ISS).

Deskundiges en gemagtigde ondersoekers is aangesê om ’n volledige ondersoek uit te voer en moet bepaal of die boor van ’n gat ’n moedswillige inmengery in die ruimte-toerusting was.

Die Russiese Ruimte agentskap sê hy sal hopelik binne enkele da ’n aankondiging kan maak oor die klein gaatjie wat geboor is in die Soyuz module by die Internasionale Ruimte Stasie.

Medewerkende led by die Ruimte Stasie het die gaatjie in die afgelope week ontdek en dit dadelik geseël met kleefband om die verlies aan drukking te keer.

Alhoewel die klein gaatjie net ’n klein bietjie druk verlies veroorsaak het, is dit nie van lewensgevaarlike aard nie.

Vroeër het ’n Russiese woordvoerder en hoof van die Ruimte Agentskap, Dmitry Rogozin, gesê die moontlikheid is nie uitgesluit dat dit die werk van ’n saboteur is wat die tuig en die projek wou saboteer nie.

Die Internasionale Ruimte Stasie huisves ses internasionale persone wat ook werksaam is by die stasie wat teen ’n spoed van agt kilometer per sekonde deur die ruimte klief.