Rusland stop VN verslag

Die Russiese verteenwoordiger het gesorg dat ’n volledige verslag van die Verenigde Nasies oor die omstandighede in Noord-Korea nie vrygestel kon word nie.

Die verslag wat ondermeer bevestig dat Noord-Korea in werklikheid die Verenigde Nasies se voorwaardes en sanksies oortree, sou vrygestel word maar Moskou het ’n stokkie voor die vrystelling gesteek.

Die optrede van Rusland is later deur die Britse ambassadeur in die VN bevraagteken met die argument dat dit ’n onafhanklike verslag is wat deur die lidlande aanvaar kan word.

Die verslag verwys ondermeer na die feit dat Noord Korea nog nie sy vervaardiging van kernwapens ’n missiele gestop het nie, en hoogstens sy toets program gestaak het omdat dit nie meer nodig is om toetse te doen nie.

Noord-Korea het ook verskeie kere gepoog om wapentuig aan Sirië te verkoop, en later ook probeer om sulke wapens aan die oorlog verinneweerde Jemen, Libië en die Soedan te verhandel.

Waarnemers wys daarop dat die handelinge ’n verleentheid vir Noord-Korea is wat hulle gespaar is met Rusland se veto om die verslag nie vry te stel nie.