Resessie is slegs “oorgangsprobleme”

Die hoofman van Suid-Afrika het mense verseker dat die resessie slegs tydelik is en wel as gevolg van “oorgangsprobleme”.

Volgens Cyril Ramaphosa gaan lande deur siklusse met op- en afwaartse fases en daar is glo lig in die tonnel.

Wat hy volgens ekonome egter nie sê nie is dat ander lande nie sover afgaan om ‘n resessie te beleef nie. Die “oorgangsprobleme” waarvan hy praat is ook vaag. Hy het reeds maande gelede oorgeneem by die groot medepligtige aan staatskaping van die land en steeds gaan dinge van sleg na slegter.

Zuma kry nou al hoe meer skuld vir SA se ekonomiese gemors maar weereens was Ramaphosa tweede in bevel van die land dus moet hy geweet het en dus ook skuld kry vir die gemors.