Ramaphosa se “pakkie” ou nuus

Volgens ekonome is die besigheid aankondiging van Cyril Ramaphosa reeds voorheen gedoen en is daarom ou nuus van sover terug as vyf jaar gelede. Hier en daar is daar net ‘n sousie oor gegooi, sê die ekonome.

Volgens die SA Kamer van Handel en Nywerheid sal hul graag wil sien waar werksgeleenthede geskep gaan word, waar fondse gevind gaan word en hoe “nuwe” beleid skielik beter gaan werk as die huidige beleid.

Dus is Ramaphosa se planne niks anders as beloftes van dinge wat nie haalbaar is nie.