Prikkel – Vasgevang?

Die moord op dr. Verwoerd het ‘n periode van geestelike verwaring ingelui wat tot op daardie stadium ongekend was.

Ons het ons ineens bevind in die donker onderwêreld van geheime intrigues, van wantroue en spioenasie en geheime byeenkomste wat ‘n nuwe oplossing gesoek het.  Vorster, dr. Verwoerd se opvolger kon nog die uitgestippelde koers vir ‘n tyd volhou.  Maar in selfverheffing het hy, en ons volk begin soek na die oplossings.  En ons het die spel van die onderwêreld begin saamspeel.  Toe ons nog gedink het dat Kommunistiese Rusland ons grootste bedreiging was, toe word ons, soos eers later aan die lig gekom het, deur die geheime dienste van Amerika en Engeland ondergrawe.  Hulle het die ANC en ander terroristegroepe van geld en middele voorsien.

In ons “geheime” spel het ons swakheid uitgekom:  onopgeloste moorde op prominente figure, die sg. Inligtingskandaal wat op herhaalde en weersprekende kommissie-ondersoeke uitgeloop het, onderlinge stryd en wedersydse beskuldigings.  Dit het gevoel of die Satan op ons toegeslaan het – en ons wou die magte in eie krag teenstaan.  So het dit al hoe verder agteruit gegaan.

PW Botha se noodspronge met ‘n sg. Driekamer parlement het uitgeloop op die boedeloorgawe van De Klerk.  Nou sit ons vasgevang in Afrikadenke.

Die enigste ligpunt is die besef:  ons het nie leiers nie – net verleiers.

Maar vorder ons?

Hendrik v.d. Wateren