Prasa stop alle spoor bedrywighede in Natal

Die spooragentskap Prasa het alle spoor bedrywighede in Natal gestaak na vandalisme en meer as R8 miljoen se skade by die Umlazi stasie deur meer as 1 000 oproermakers, terwyl vier voertuie in Durban aan die brand gesteek is.

Volgens plaaslike regering woordvoerders is daar ‘n element van misdaad, vandalisme, diefstal, trein kapings en aanranding van personeel in Natal.

Alvorens die veiligheid van personeel en passasiers nie gewaarborg kan word nie, sal daar geen spoor bedrywighede in Natal wees nie.