Petrolprys tydelik “gesubsidieer”

Nadat die AA ‘n styging van 25 tot 26 sent per liter op brandstof eerskomende Woensdag voorsien het, het die regering aangekondig dat hy “eenmalige en tydelike” verligting gee deur die verhoging te subsidieer.

Sou die verhoging plaasgevind het soos die AA verwag het, sou die prys van brandstof bo die R16 gewees het.

Nou sal die petrol “slegs 4,9 sent” per liter styg, terwyl die prys van diesel onveranderd hoog bly.

Weer eens is dit die steeds verswakkende rand as gevolg van regeringbeleid wat die groot sondaar is, en die internasionale olieprys styg ook steeds.

Die feit dat die regering dit as ‘n “tydelike” verligting beskryf het, beteken dat hy dit iewers in die toekoms wel gaan verhaal.

Vooruitsigte vir die res van die jaar blyk sleg te wees in die lig van die stygende olieprys terwyl daar geen hoop is dat die rand gaan versterk nie.