Oud Duitse SS-Wag aangekla

Senior vervolgers in Duitsland sê die voormalige SS –Wag by die Stutthof Nazi konsentrasiekamp het geweet van die honderde moorde.

Nou word die 94-jarige Duitser in die aand van sy lewe voor die hof gedaag om in November vanjaar verhoor te word vir sy aandeel toe hy as 21 jarige diens gedoen het vir die destydse owerheid.

As SS wag, die paramilitêre struktuur van Adolf Hitler se militêre mag, word die hoogs bejaarde man daarvan beskuldig dat hy geweet het van die baie mense wat gesterf het gedurende die drie jaar wat hy diens gedoen het in Gdansk, wat nou bekend is as Pole.

Die bejaarde Duitser se naam mag nog nie bekendgemaak word nie, en waarnemers sê die moontlikheid bestaan dat hy op die gevorderde leeftyd tronkstraf opgelê kan word.