Opposisie roep CR op

Die opposisie eis dat Cyril Ramaphosa ook voor die Zondo kommissie moet verskyn om sy aandeel in die staatskaping al dan nie te verduidelik.

Die Vryburger het by vele geleenthede genoem dat Cyril Ramaphosa as adjunkpresident onder Jacob Zuma bewus moes wees van die skaduagtige onderhandelinge wat plaasgevind het.

Daar word verder gemeld dat Ramaphosa as voorsitter van die interministeriële komitee van staatsentiteite deeglig kennis moes dra van die rade wat op SAL, Transnet, Denel, Sasol, Spoornet, Prasa ens gedien het. Om nou sy hande en die van die ANC, te was en te sê dit was net Zuma se skuld is misleidend.

Dit laat die vraag ontstaan in hoe ‘n mate die ANC agteraf vir Zuma gaan beskerm sodat hy nie ‘n fluitjieblaser word nie.