NVG rus in die eeue gesus

Volgens die Spesiale Ondersoek Eenheid se hoof advokaat, Andy Mothibi, is daar bykans 686 sake wat verwys is na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sedert 2013 wat onder die tafel “geberg” word.

Hierdie sake handel met die voorkoming van korrupsie, georganiseerde misdaad en openbare finansiële bedrog. In die meeste van die sake is amptenare betrokke wat kontrakte toegestaan het aan sakemanne sonder magtiging en sonder om die korrekte prosedure te volg.

Selfs versoeke aan die inmiddels afgedankte NVG hoof, Shaun Abrahams, om verslag te lewer oor die vertragings het niks opgelewer nie.  NVG gee egter die polisie en die Valke die skuld vir die “niksdoen” nie.