Nuusflitse

Eskom substasie brand

Eskom vermoed brandstigting nadat ‘n substasie naby Vosloorus aan die Oos-Rand aan die brand geslaan het. Meer as 10 000 inwoners se kragtoevoer is deur die brand afgesny.

Bykans 70 000 werke tot niet

Statistiek SA het aangekondig dat SA se nie-landbou sektor 69 000 werksgeleenthede verloor het tussen Maart en Junie 2018.

Die grootste daling in werksgeleenthede was in die gemeenskapsdienste sektor gevolg deur die vervaardigingsektor.

Renosterstropery duur voort

In die Noordwes provinsie is in die laaste jaar 96 renosters in privaat sowel as die staat se wildreservate gestroop.

Boere vra hulp

Sowat 15% van Vrystaatse boere huiwer op die rand van bankrotskap as gevolg van die droogte en hoë insetkoste. Boere het tydens ‘n noodvergadering op Bultfontein die banke gevra om hulle leningsvoorwaardes te verslap sodat hulle finansiële bystand kan kry.