Nuusflitse

Staking by Denel 

‘n “Vreedsame” staking van Denel werkers in Kemptonpark het gelei tot ‘n botsing met polisie waarin een werker beseer is tydens die afvuur van rubberkoeëls en skokgranate.

‘n Salaris eis van 15% deur die werkers is afgewys met Denel se aanbod van 4% op die tafel.

 

Ambulans gebruik vir drank vervoer

‘n Nooddiens personeellid is in die Verre Noord-Transvaal “gevang” op ‘n video terwyl sy drank vervoer het in ‘n ambulans.  Daar is nie gemeld of dit vir persoonlike gebruik was en of sy handel gedryf het met die drank nie.

 

Militêre heli in ongeluk

‘n Militêre Oryx helikopter het tydens ‘n demonstrasie vertoning neer gestort by die Roodewal Lugmagbasis in Limpopo.  Een insittende het ligte beserings opgedoen en die rede vir die ongeluk is nie bekend nie.