Noord-Korea fees – vertoon geen missiel

Die regime in Noord-Korea het ’n massiewe militêre parade gehou in die hoofstad Pyongyang tydens die feesvieringe van 70 jaar herdenking van die kommunistiese bestel.

Die vertonings is ook ingeklee met ’n groter fokus op die ontwikkeling en die burgerlike werk om die skiereiland se ekonomie te help bou.

Die regime het dit wys geag om nie sy ballistiese missiele te vertoon nie, en wil daarmee die indruk probeer skep dat Kim Jong-Un, leier van die land, wel iets doen om die kernprogram te beëindig.

Die internasionale gemeenskap het hul verbasing getoon vir die feit dat die kommuniste nie weer hulle magsvertoning wou uitbeeld met ballistiese missiele nie, terwyl meer as die helfte van Sondag se feesvieringe aan ekonomiese sake gewy is.

Duisende troepe, artillerie en oorlogstenks het die pad gebaan deur die kommunistiese land en die leier, Kim Jong-Un, maar die gevorderde missiel-wapens was nêrens te sien nie.