Nog ondersoeke gelas

Die departement van Water en Sanitasie is die volgende departement wat die Spesiale Ondersoek Eenheid moet ondersoek rondom onwettige uitgawes van openbare geld, asook die onreëlmatige toekenning van tenders aan maatskappye in die privaat sektor.

Die ondersoek is gelas deur Cyril Ramaphosa en die ondersoek sal gedoen word vir die tydperk 2015 tot en met die huidige.

‘n Kontrak met SAP, die sagteware maatskappy van Duitsland, het sowat R950 miljoen beloop wat vooraf betaalbaar was.

Intussen gaan die Ekurhuleni Metro ondersoek word rakende die Vosloorus Hospitaal en dit ook weens beweerde wanadministrasie en die onwettige verkryging van goedere en dienste.