Nog ’n Franse minister bedank

Die Franse minister van binnelandse sake, Gerard Collomb, het aangekondig dat hy gaan bedank as minister en hom eerder beskikbaar stel as burgemeester van Lyon in die jaar 2020.

Waarnemers en politieke ontleders sê die Franse president is nie net op die onderste trap van die gewildheidsleer by kiesers nie, maar dit blyk uit die talle bedankings gedurende die afgelope paar maande dat die kabinetslede ook nie goed klaarkom met Emmanuel Macron nie.

In die afgelope drie weke het die president reeds twee bedankings van kabinetministers ontvang, en die vermoede bestaan dat hy nog bedankings gaan kry.

Minister Gerard Collomb het glo gesê hy wil ook nie betrokke wees by enige parlementêre verkiesing nie en wil eerder op munisipale vlak betrokke bly.

Foto – Gerard Collomb