Natal streekshof president geskors

Die Landdros Kommissie het die Natalse streekshof president, Eric Nzimande (foto), geskors oor beweerde wangedrag.

Nzimande was in bevel van die aanstelling van landdroste in die Natal provinsie.

Daar is reeds in Augustus 2017 bewerings gemaak dat Nzimande deel is van ‘n sindikaat van landdroste en aanklaers wat renosterstropers asook moordenaars en verkragters beskerm.

Die Landdros Kommissie wou nie uitbrei oor die rede vir die afdanking nie en Nzimande is tien dae gegun om beswaar aan te teken teen sy skorsing.