‘n Komitee om ‘n komitee te adviseer

‘n Komitee van tien is aangestel om die regering se interministeriële komitee oor grondhervorming te adviseer.

Aan die hoof is die president van die suiwer swart African Farmers Association van SA (Afasa), Vuyu Mahlati. Ander lede sluit in Ruth Hall van Universiteit Wes Kaap, Mohammed Karaan van US, advokaat Temba Ngcukaitobi van Johannesburg,  Bulelwa Mabasa, ‘n prokureur , Thandi Ncgobo  Universiteit Natal, Wandile Sihlobo van die Landbou Besigheids Kamer, Dan Kriek (foto) van AgriSA (wat glo in “progressiewe strategie en visies om eenheid in landbou te bewerkstellig”), Thato Moagi ‘n opkomende “boer”, en Nick Serfontein voorsitter  van die Sernick groep wat glo dat landbou ‘n bydrae moet lewer tot nasiebou.  Ramaphosa het die tien geloof vir “hul visie vir ‘n regverdige en billike toekoms vir alle Suid Afrikaners”.