Moeder van die Buitebandbende kry vryheid van Johannesburg

Die persoon wat verklaar het dat sy en die ANC deur vuurhoutjies en buitebande die land sal oorneem, Winnie Mandela, is vereer deur die DA-beheerde Johannesburgse Stadsraad met die toekenning van die vryheid van die stad.

Winnie Mandela het haar roem behaal deur woord by die daad te voeg en was betrokke by buiteband teregstellings.

Hierdie toekenning toon dat daar geen wesenlike verskil is tussen die ANC en die DA nie en dat beide bereid is om diegene te vereer wat verantwoordelik was vir wandade.