Miljoene kinders se lewens in gevaar

Meer as 5 miljoen kinders se lewens kan reeds nadelig geraak wees in Jemen weens die lang uitgerekte oorlog, sê die Verenigde Koningryk se “Red die Kinders” organisasie in die land.

Die hernude aanvalle wat in die hawe van Hodeida uitgevoer word, kan ook meebring dat Jemen ’n ernstige voedsel tekort binnegaan wat ’n nog groter invloed kan hê op die kinders van die land.

Die hernude aanvalle deur die Saoedi-koalisie magte op die hawestad het daartoe gelei dat die hawe gesluit moes word en daarmee die lewens van 5,2 miljoen kinders sonder kos of ander lewensmiddele laat.

Waarnemers sê die geringste ontwrigting in die hawe beteken ’n voedseltekort wat noodlottig is vir miljoene uitgehongerde kinders, veral omdat brandstof en mediese middels noodsaaklik is om te oorleef.

Meer as 80% van die stad se voedselvoorraad, brandstof en mediese voorraad word van ander lande via die Hodeida hawe ontvang, maar met die sluiting weens die aanvalle, word dit die mees kritieke situasie waarin die land kan verkeer.

Foto – Hodeida hawe