Miljoen euro se kokaïen gevind

Franse beamptes het ’n massiewe besending kokaïen gevind en gekonfiskeer by aankoms in die hawe van Le Havre wat versend is vanaf Suid-Amerika.

Die polisie in Frankryk sê ’n rekord vlak van kokaïen is die afgelope jaar na die land gestuur, en alhoewel baie besendings betyds opgespoor kon word, het daar ook besendings deurgeglip wat na die bevolking versprei is.

Die polisie beskou die huidige besending as ’n ruse slag vir die smokkelaars en het die 752 kilogram op $35 miljoen geraam.

Verlede jaar het beamptes in Le Havre sowat 3,5 metrieke ton kokaïen gekonfiskeer en in dieselfde tyd het Duitsland ’n besending van 50,000 LSD pille gekonfiskeer.

Polisie beamptes sê hulle kon verlede jaar daarin slaag om ’n totaal van 8,5 ton kokaïen opspoor voor die uit die hawens geneem kon word.