MH17: Rusland bewys sy onskuld

Die hele Europa het vingers gewys na Rusland en gesê hulle weet Rusland het die MH-17 vliegtuig neergeskiet wat oor die Oekraïne neergestort het.

Die Russe wys daarop dat die reeksnommer van die missiel wat afgevuur is en die vliegtuig getref het, is in 1986 afgelewer aan die Oekraïne.

Moskou het glo Maandag die Buk-missiel wat afgevuur is, se besonderhede vrygestel en gesê dit is duidelik die eiendom van die Oekraïne se weermag gewees.

’n Russiese woordvoerder sê daar is dus geen moontlikheid dat Rusland verantwoordelik gehou kan word vir die ramp nie aangesien hy nie so ’n missiel het nie.

Met die identifisering van die reeksnommer, kon die vervaardiger opgespoor word wat bevestig het dat die missiel aan die Oekraïne gelewer is.

Die Russiese minister van verdediging het die inligting vrygestel tydens ’n mediakonferensie waarby sowat 100 joernaliste teenwoordig was.

Die minister het gesê missiel met reeksnommer 886 847379 was afgelewer op 29 Desember 1986 met ’n trein aan die Militêre Eenheid 20152 wat gestasioneer was in Terebowlja, Ternopil Oblast, Oekraïne.

Die minister kon ook daarin slaag om ’n foto van die vervaardiger aan die joernaliste te vertoon wat voorheen as “hoogs vertroulike perseel” geklassifiseer is.

Politieke waarnemers sê die onthulling laat talle politieke leiers in Europa met rooi gesigte, terwyl Rusland seëvierend toekyk hoe die politici nou skarrel omdat hulle geen teen bewyse sal kan lewer nie.

Intussen het ’n deskundige beweer dat die moontlikheid nie uitgesluit is dat die pro-Russiese rebelle in die ooste van die Oekraïne die missiel gehad het en dit met Russiese toerusting afgevuur het.

Foto – Missiel oorblyfsel met die reeksnommer daarop