Merkel en Macron soek immigrante oplossing

Die krisis met die hantering van onwettige immigrante wat stroom na Europa, is weereens deur kanselier Angela Merkel van Duitsland, en president Emmanuel Macron van Frankryk  bespreek.

Die twee leiers is glo bekommerd oor die komende verkiesings en soek nou na antwoorde vir ’n sogenaamde “onafhanklike” Europa en wil ook die uitwerking van Brexit in oënskou neem.

Die twee leiers het samesprekings gevoer in Marseille om moontlik optrede te bespreek oor hoe die krisis hanteer kan word tydens die Europese Unie vergadering later die maand.

Bid leiers is bekend daarvoor dat hulle ten gunste van die instroming van vreemdeling uit Afrika is, maar is ook bewus daarvan dat dit hulle ondergang as regeerders kan beteken aangesien die nasionalistiese partye sterk groei getoon het in die afgelope verkiesings.

Waarnemers sê Merkel se woordspeling van ’n “onafhanklike Europa” is niksseggend en word gesien as ’n poging om mense te mislei omdat dit moontlik gesien kan word as die teenoorgestelde van haar oop dur benadering.

Foto – Angela Merkel en Emmanuel Macron