Menseregte prokureur bots met Mantashe

Tydens ‘n “toer” van Gwede Mantashe het inwoners wat gekant is teen die myn van minerale suid van die Wildekus, gebots met die minister van Minerale Bronne, Gwede Mantashe.

Richard Spoor (foto), ‘n menseregte prokureur, is na ‘n woordestryd met Mantashe, in hegtenis geneem en polisie moes traangas gebruik om te oproermakers uit mekaar te jaag.

Spoor is later op borgtog vrygelaat en sal vandag in die hof verskyn.

Die gemeenskap is nie kans gegee om hul griewe te lug nie en dit het tot die woordestryd gelei.