Mbeki teen Cyril?

Politieke ontleders vind dit vreemd dat Thabo Mbeki standpunt inneem teen Cyril Ramaphosa se planne rondom grondhervorming.

In ‘n lywige studiestuk van bykans 30 bladsye word die ANC daarvan beskuldig dat hulle nie meer verteenwoordigers is van al die mense van Suid-Afrika nie. Mbeki beskuldig die ANC daarvan dat hul afwyk van hul historiese waardes van ‘n nie-rassige SA en nou deel vorm van swart teen wit.

‘n Ontleder wat met Die Vryburger gepraat het sê in sy kommentaar dat wat egter nie gemeld of erken sal word nie is die feit dat Suid Afrika nooit ‘n nie-rassige gemeenskap kan en sal wees nie. “Dit is ‘n hersinskim van die NP en die liberaliste. Afrika duld nie die witman nie, hy sal hom verdra en uitbuit en uiteindelik dood maak,” sê hy.