Malema dagvaar Jeugliga

Julius Malema het ‘n naamskending klag teen die ANC Jeugliga en sy sekretaris-generaal gelê rondom beweerde omkopery.

Njabula Nzuza, die sekretaris-generaal, het in ‘n radio onderhoud gesê dat Malema probeer het om amptenare van die International Union of Socialist Youth (IUSY) om te koop om stemme te verseker in die verkiesing van die president van die vereniging.  Hy was egter onsuksesvol in sy poging en dit het daartoe gelei dat ANCYL geskors is uit IUSY.