Maimane wil vlug Wes-Kaap toe

Die DA leier, Mmusi Maimane, het homself op die lys van moontlike Wes-Kaap premier kandidate geplaas en daarmee ‘n stuk gereedskap in die party se verskiesing masjinerie gegooi.

Die DA sou Sondag 16 September die opvolgers van Helen Zille aankondig nadat nominasies deur die strukture gedoen is. Die aankondiging is nou uitgestel tot Dinsdag 19 September.

Sommige kenners meen dat hy hierdeur erken dat die ANC die 2019 verkiesing gaan wen en dus ‘n “veilige hawe” vir homself wil verseker.