Macron probeer Trump nasionalisme smoor

Die Franse president het klaaglik misluk in sy poging om die Amerikaanse president se nasionalisme te verwerp tydens sy toespraak in die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies.

President Emmanuel Macron het die Amerikaanse president, Donald Trump, se nasionalisme bestempel as die “wet van die mees magtigste” president van die wêreld en gevra dat meer dialoog gevoer moet word met die regeringshoof van Iran.

Hy het selfs sovêr gegaan as om president Trump te beskuldig van ’n “bloed agenda” terwyl die Amerikaanse president gesê het hy streef na vrede met alle volke, waarvan die gesprekke met Noord-Korea en Rusland slegs enkele voorbeelde is.

President Trump het in sy toespraak by die VN vergadering gewys op die sukses van die afgelope 18 maande in die VSA waar die land se ekonomiese krag ongekende hoogtes bereik het.

Die toespraak van meer as 30 minute is sonder ’n enkele nota op papier gevoer, en het ’n breë spektrum van onderwerpe gehad, maar hy het ook nie nagelaat om lande van die wereld aan te moedig om patriotisme in hulle onderskeie lande te bevorder nie.

Macron se uitlating dat nasionalisme altyd lei tot ondergang, is nie goed ontvang deur die gehoor nie, wat weereens bevestig het dat die Franse president se linkse siening van die politiek hom die onguns van sy eie kiesers op die hals gehaal het.