Lentepret by CVO Moot

 

Die CVO Moot het vanjaar se lente met Lentepret begroet waarby leerlinge en hul ouers betrek is. Boeresport soos ertappelresies en toutrek asook verskeie speletjies het vir groot opwinding gesorg.

Almal het deelgeneem aan speletjies soos Noot-vir-Noot en Gesinsvasvrae, Een minuut om te wen, Geld of die Houer en vele ander. Tydens Een minuut om te wen moes die leerlinge binne die bepaalde tydsbestek ‘n lekker met ‘n strooitjie vassuig en daarmee na ‘n ander houer hardloop sonder om dit te laat val.

‘n Hondevertoning is deur een van die ouers, mnr. Stefan Riekert en sy seun, Eckardt (Gr 5) gelewer. Die honde se uitsnuffel van verbode middels en die aankeer van ‘n oortreder is met groot meelewing begroet. Die toutrek is eweneens deur een van die ouers, mnr. Jaco du Toit, aangebied en is deur oud en jonk geniet.

Die Lentepret is met ‘n “Braai en kraai” afgesluit.