Kortnuus

SAID se bonusse onwettig

Die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, het bevind dat SAID die wet oortree het met hul toekenning van meer as R4 miljoen se bonusse aan personeel sonder die minister van finansies se goedkeuring.

 

Afval in Vaalrivier

Die Menseregte Kommissie het bevind dat meer as 150 mega liter afval daagliks in die Vaalrivier gestort word. Die toestand is ernstig vir die ongeveer 3 miljoen mense wat afhanklik is van watervoorsiening uit die rivier.