Korea: Noord en Suid ontmoet in swier

Die Suid-Koreaanse president, Moon Jae-in, se aankoms in die buurland, Noord-Korea, is met swier en kommunistiese “hartlikheid” ontvang toe hy ’n besoek aan die land gebring het om ’n tweede ontmoeting met die Amerikaanse president beplan is.

President Moon Jae-in is op ’n driedaagse besoek by Kim Jong-Un wat met honderde inwoners se teenwoordigheid hom verwelkom het.

Die ontmoeting is in opvolg van Kim Jong-Un se brief aan president Donald Trump waarin hy versoek dat ’n opvolg gesprek gevoer word oor die ontwapening van Noord-Korea se kernwapens en die uitfasering van die opgestelde program daarvan.

Die twee leiers is tydens Moon se aankoms, in ’n oop dak Mercedes Benz deur die strate van Pyongyang, die Noord-Koreaanse hoofstad, terwyl tienduisende mense geklee in tradisionele klere, hulle toegewuif het.

Dit is president Moon se eerste besoek aan Noord-Korea, en slegs die derde bsoek vanuit die Suide na die kommunistiese staat.

Die vorige besoeke was deur Suid-Koreaanse presidente in die jaar 2000 en weer in 2007, maar hierdie keer het Kim sy eweknie gulhartig omhels toe hulle mekaar gegroet het by aankoms.