Konsultant firma Bain pleit “skuldig”

Die konsultasie firma Bain & Co het hul Suid Afrikaanse bestuurshoof vervang en aangebied om gelde wat die firma verdien het terug te betaal aan SAID.

Dit is nog ‘n internasionale firma wat betrokke was by die staatskaping en in hierdie geval saam met Tom Moyane en die sogenaamde oordoen van SAID se strukture. Dit het gelei tot bykans die ineenstorting van SAID se invorderingsafdeling en ‘n inkomste tekort van bykans R50 miljard.

Wie en hoe die R164 miljoen wat hulle gaan terugbetaal, aangewend gaan word is ‘n ope vraag.