Katalonië begin weer met vryheid eise

President Quim Torra, die opvolger van Carles Puigdemont, het ’n oproep gedoen tot die inwoners van die Spaanse deelstaat Katalonië, om ’n massa optog te hou om die volk se eis tot onafhanklikheid te demonstreer.

Die optog val saam met die komende feesvieringe in die streek, en die president sê dit sal ook as voorbeeld dien vir die volk se vryheidstrewe wat nooit sal verander nie.

President Torra sê sy streeksregering is gewillig om dialoog t voer oor die aangeleentheid met die Spaanse regering.

Die president het dit gesê tydens sy toespraak in Barcelona, die hoofstad van Katalonie, en bygevoeg dat die Kataloniërs op 11 September vanjaar weereens moet toon dat hulle streef na vryheid in ’n eie land.

Torra sê hy sal steeds druk uitoefen op die Spaanse regering om Katalonië se reg op selfbeskikking te erken en toe te laat, maar die inwoners moet ook toon dat hulle steef na onafhanklikheid, maar moet dit oorweeg om weer ’n aksieplan uit te voer om af te skei van Spanje.

Foto – President Quim Torra