Kanselier Merkel besoek Afrika

Politieke en ekonomiese werklikhede het die Duitse Bondskanselier gedwing om ’n amptelike besoek te bring aan Nigerië om ’n nuwe rigting te gee aan die onwettige immigrante wat oor Europa spoel.

Ekonomiese moontlikhede is bespreek tussen Merkel en ’n aantal Afrika leiers met die oog op finansiële hulp in ruil vir versekering dat onwettige immigrante in Afrika sal bly.

Kanselier Merkel het verskeie lande in Wes Afrika besoek met die moontlikheid in gedagte dat voldoende fondse jaarliks aan die Afrika lande betaal sal word om die lande op te hef deur ekonomiese strukture te help vestig.

Merkel het glo breedvoerige gesprekke gevoer met leiers, en ook ’n lang tyd met Jean-Claude Brou, die president van die Ekonomiese Komitee van Wes Afrika Lande gevoer in Nigerië.

Die Kanselier het ook indringende gesprekke gevoer oor moontlike befondsing van die veiligheid wat tans uiters gebrekkig is.

Meer as 20,000 mense is dood tydens die onluste van die afgelope 5 jaar, en byna 3 miljoen mense het landuit gevlug en is tans in ander lande waar hulle ’n onseker toekoms het.

Alhoewel Kanselier Merkel se hoof fokus onderwerp die immigrante kwessie is, moes sy ook aandag gee aan die land se knelpunte, maar waarnemers sê die onbetroubaarheid van menige Afrika leiers kan Duitsland baie geld kos sonder enige goeie resultate.