Kampioen swemmer sonder arms

’n Jong Turkse dogter van 15 jaar,  wat sonder arms gebore is, is die land se kampioen swemmer.

Sy het in verskeie internasionale byeenkomste deelgeneem en dikwels met die louere weggestap, maar dit het nie sonder harde werk gekom nie.

Sümeyye Boyaci sê haar lewe wentel rondom haar swem geleenthede, en alhoewel sy dankbaar is vir die prestasies, is dit nie sonder baie hard werk verkry nie.

Sümeyye is sonder arms gebore en ’n heup wat haar moeilik laat loop, maar wat later tog met chirurgie reggestel kon word alhoewel dit haar nooit weerhou het van haar swemlesse en deelname aan groot byeenkomste nie.

Sy het vanjaar daarin geslaag om goud te werf in die Wêreld Para Swem kampioenskappe in Europa met die 50 meter rugslag wat sy in 45,2 sekondes afgeswem het.

Sy oefen 6 uur lank per dag en het nog die ideaal om deel te neem in die Olimpiese Spele maar wil ook in die 2019 Wêreld Kampioenskappe deelneem.

Foto – Sümeyye Boyaci