Japanse miljardêr gaan maan besoek

Yusaku Maezawa, ’n miljardêr sakeman van Japan gaan die eerste passasier wees wat om die maan gaan sirkel met die SpaceX vuurpyl van ruimte tegnoloog Elon Musk.

Die opspraakwekkende nuus is pas vrygestel waarin vermeld word dat die miljardêr in 2023 die reis sal onderneem.

Yusaku Maezawa, ’n kosversamelaar en sakeman wie se bates op meer as $3 miljard bereken word, sal om die maan sirkel om daarna terug te keer na die aarde.

Maezawa is die hoofuitvoerende beampte van Japan se gewild modewinkels bekend as Zozotow wat ’n uiters suksesvolle en modieuse klerereeks aan sy kliënte bied.

Yusaku Maezawa het ’n besoek gebring aan die Kalifornië hoofkwartier van die Suid-Afrikaans gebore ruimte tegnoloog, Elon Musk, en gesê hy wil graag ’n reis onderneem na die maan.

Hy is nie net ’n geëerde burger van Japan nie, maar word ook getel as een van die 20 rykste mense in Japan.

Foto – Yusaku Maezawa