Japan se versoek geweier oor walvis vangs

Tokyo het die naweek gesê hulle oorweeg dit om uit die Internasionale Walvis Kommissie te bedank nadat hulle versoek geweier is om die vang van walvisse te heropen.

Die opmerking kan lei tot die kommissie se grootste krisis en verdeeldheid sedert sy ontstaan van 72 jaar gelede.

Die kommissie, wat uit 89 lede saamgestel is, het Japan se versoek van die hand gewys en gesê dit is juis nou die moeilikste tyd om walvisse teen uitwissing te beskerm.

Die stemming van 41 teen 27 het die afgelope Saterdag plaasgevind tydens ’n vergadering wat in Brasilië gehou is.

Die kommissie het die kommersiële vangs van walvisse sedert 1980 verbied, maar Japan is verskeie kere betrap dat hy die maatreël oortree.

Japan se verweer is dat die verbod slegs ’n tydelike maatreël sou wees, maar nou reeds dekades lank van krag bly.

Die kommissie sê die walvis bevolking het skerp gedaal, maar verskeie lande wat teen die verbod is, sê ’n oorbevolking kan ’n bedreiging vir die seelewe in die algemeen beteken.