Italie wil strenger wet teen asielsoekers

’n Dekreet is in Italië uitgevaardig deur die populistiese regering se kabinet wat ’n wet beoog om oor ’n tydperk van 60 dae gedebatteer kan word in die parlement om strenger te wees met asielsoekers .

’n Italiaanse biskop het die beoogde wetgewing beskryf as ’n poging om asielsoekers te kriminaliseer en verskeie leiers in Europa het ook hulle wenkbroue gelig.

Die nasionalistiese minister van binnelandse sake, Matteo Salvini, het egter die voorgestelde wetgewing as ’n “reuse stap vorentoe” beskryf en gesê dit is die eerste stap teen die ongevraagde aankoms van onwettige immigrante.

Tot nou het Italië slegs ses aansoeke toegestaan, en waarnemers meen die strenger wet kan dit bykans onmoontlik maak vir onwettige immigrante om asiel te kry.

In ’n radio onderhoud het hy gesê die wet sal ’n groot bydrae lewer om miljarde euro te spaar wat jaarliks aan asielsoekers betaal word, en “sosiaal gevaarlike” immigrante word vinnig weggewys.

Hy sê die wet het ook ten doel om terrorisme en dwelmmiddel verspreiders te beperk wat die veiligheid van die land se inwoners bedreig.

Foto – Minister Matteo Salvini